WordPress.org

News

Sluit by ons aan vir die 2de WordPress Wêreldwye Vertalingsdag

Sluit by ons aan vir die 2de WordPress Wêreldwye Vertalingsdag


Tydens die 2de WordPress Wêreldwye Vertalings Dag, gaan ons in Johannesburg, Suid Afrika ons eie plaaslike byeenkoms hou.

Maak ‘n nota van 12 November 2016 in jou dagboek. Jy kan ons help om WordPress projekte (Core, Plugins, temas, ens.) te vertaal of leer hoe WordPress vertaling werk.

Informasie van die dag

Wanneer: Saterdag, 12 November 2016. Vanaf 12:00nm tot 15:00nm.

Waar: Jozihub, 44 Stanley, Milpark, Johannesburg (kaart)

Teken aan by MeetupHier kan jy ook meer uitvind oor die dag.

Begin hier: https://make.wordpress.org/polyglots/handbook/about/get-involved/first-steps/

Woordelys: https://translate.wordpress.org/projects/wp/dev/af/default/glossary

Sluit aan by die Slack kanaal

http://wpsouthafrica.org/ (South Afrika Slack kanaal)
wordpress.slack.com (Global WordPress Community)

Elke Woensdag oggend 11:00 AM GMT+1 is daar ‘n WordPress Polyglots vergadering by http://wordpress.slack.com #polyglots.

Daar is ook ‘n Slack span vir Afrikaanse vertaling. Ping @semblance_er in die http://wordpress.slack.com #polyglots kanaal, om ‘n uitnodiging te ontvang. Sluit by die span aan vir gesprekke en vrae oor die Afrikaanse vertaling in WordPress.


Die vertaling van WordPress is ‘n uitstekende manier om betrokke te raak en iets terug te gee aan die projek. Kom ons vertaal almal saam!

Maak ‘n opvolg-bydrae

Kategorieë

Subscribe